Abe is kritiek na skietvoorval

Die eerste minister van Japan, Fumio Kishida, het aangekondig die gewese Japanse eerste minister, Shinzo Abe, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Abe is tydens ‘n verkiesingtoespraak in die bors geskiet en ‘n 41-jarige man is in verband daarmee in hegtenis geneem. Na wat berig word is hy ‘n gewese lid van Japan se Maritieme Selfverdedingsmag wat tot ongeveer 2005 drie jaar lank deel van die mag was. Kishida het die skietvoorval as barbaars en kwaadwillig beskryf. Die kabinetsekretaris, Hirokazu Matsuno, sê so ‘n barbaarse daad mag nooit toegelaat word nie.