Abbas spoeg vuur by VN, teen VSA, Israel

Israel belemmer doelbewus vordering in die rigting van ‘n tweestaat-oplossing en kan nie meer as ‘n betroubare vennoot in die vredesproses beskou word nie. Dit is die mening van die Palestynse leier, Mahmud Abbas. Hy het die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies toegepreek en sê Israel tree op met totale straffeloosheid teen mense in die Gaza-strook en die Wesoewer. Hy het ook ‘n beroep op Amerikaanse owerhede gedoen om op te tree teen Israel na die skietdood van die joernalis Shireen Abu Akleh, wat ook ‘n Amerikaanse burger was, maar sê die VSA sal niks doen nie omdat dit Israel is. Die Verenigde State het die Palestynse Owerheid versoek om nie ‘n saak teen Israel by die Internasionale Strafhof te maak nie met die argument dat hy nie ‘n soewereine staat is nie en dat die hof Israel onregverdig teiken.