Aartsbiskop bedank oor molestering-krisis

Die Duitse aartsbiskop van München en Freising het Pous Franciscus gevra om sy bedanking te aanvaar oor die krisis rondom seksuele misbruik in die Katolieke Kerk. Kardinaal Reinhard Marx het gesê die Katolieke Kerk is in ‘n doodloopstraat, maar hy hoop sy bedanking kan ‘n keerpunt wees. Volgens Europese nuusagentskappe is Marx die vorige voorsitter van die Duitse Biskopkonferensie wat opdrag gegee het vir ‘n verslag oor seksuele misbruik wat in 2018 vrygestel is. Die verslag het onthul dat 3 677 kinders deur 1 670 geestelikes mishandel is.