Aarde bewe by Kamanjab

‘n Aardbewing het vanoggend omstreeks half elf die aarde sowat 12 km wes van Kamanjab laat skud. Volgens die ministerie van myne en energie het die aardbewing 4,9 op die Richterskaal gemeet, maar was vlak teen slegs 15 km diep. Die aardbewing het by sewe seismiese stasies in Windhoek, Kamanjab, Opuwo, Rundu Katima Mulilo, Karibib en Aus geregistreer. ‘n Span geoloë sal Woensdag ondersoek gaan instel.