Aardbewing van 5,5 in suidelike Turkye
Die Kandilli-sentrum vir aardbewing-monitering in Istanbul, Turkye, het bevestig ‘n aardbewing van 5,5 het die suidelike Turkse provinsie Adana vanoggend getref. Die seismiese voorval kom net ses maande nadat ‘n verwoestende aardbewing van 7,8 Turkye en Sirië getref en tot die verlies van meer as 50 000 lewens gelei het. Volgens die Europese Middellandse See se seismologiese sentrum het vandag se aardbewing op ‘n diepte van 12 kilometer en ongeveer 64 kilometer vanaf die stad Adana naby die Siriese grens voorgekom.