Aanvalsgewere moet beheer word – Withuis

Die jongste massaskietvoorval in Nashville, Tennessee waar drie volwassenes en drie nege-jarige skoolkinders dood is, het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur omdat die aanvaller, Audrey Hale, ‘n vrou is. Sy het ‘n pistool en twee aanvalsgewere gebruik om die skietery uit te voer. Dit is ook die 129ste voorval tot dusver die jaar in die VSA. Dit Withuis woordvoerder, Karine Jean-Pierre sê die Kongres moet toetree en ‘n verbod plaas op die verkoop van aanvalsgewere aan Jan Alleman.