Aanvalle deur Joodse setlaars moet staak – VN

Die Verenigde Nasies het ernstige kommer oor toenemende geweld in die Wesoewer uitgespreek en eis dat Israeliese veiligheidsmagte onmiddellik ophou om setlaarsaanvalle op Palestyne in die besette gebied te ondersteun. Die verklaring van die VN se menseregtekantoor is uitgereik ure nadat twee Palestynse mans deur Israeliese setlaars in ‘n noordelike dorpie suid van Nablus vermoor is. Agt Palestyne is sedert Vrydag deur Israeliese magte of gewapende setlaars vermoor, terwyl Palestynse owerhede toenemende aanvalle deur setlaars regoor die Wesoewer gerapporteer het.