Aanval in tronk ‘poging tot moord’

Aanklaers in Amerika het aanklagte van poging tot moord ingedien nadat ‘n mede-gevangene die voormalige polisiebeampte, Derek Chauvin, meer as 20 keer met ‘n skerp voorwerp gesteek het. Chauvin, wie se moord op George Floyd in Minnesota in 2020 uitgeloop het op wydverspreide rasgeregtigheid-betogings, is verlede maand in ‘n regsbiblioteek van ‘n tronk in Arizona aangeval. Chauvin is ‘n vonnis opgelê van meer as 20 jaar nadat hy skuldig bevind is aan die moord op die 46-jarige Floyd, op wie se nek hy nege minute lank gekniel het.