Aansoeke vir hervestigingsboedery-eenhede duur tot Mei

Die Namibiese landbouministerie het aangekondig dat die lys van suksesvolle aansoekers wat in Januarie en Februarie 2023 aansoek gedoen het vir hervestigingsboerdery-eenhede, volgende week vanaf Maandag in plaaslike koerante gepubliseer sal word. Die ministerie sê aansoekers wat onsuksesvol was, kan weer aansoek doen om hervestig te word. Die aansoeke vir boerdery-eenhede wat hierdie maand geadverteer is, is nog aktief tot 2 Mei 2023 en kan by al 14 streekskantore ingedien word. Die ministerie sê hy doen sy bes om die proses te bespoedig en meer doeltreffend te maak.