Aanpassings aan SAS in Australië na oorlogsmisdade

Australië se militêre spogeenheid en spesiale lugmagregiment, die SAS, gaan verander word ná bewerings van oorlogsmisdade in Afghanistan. Negentien lede van die SAS word in ‘n verslag wat in November bekend gestel is, beskuldig dat hulle 39 Afghaanse burgerlikes en gevangenes vermoor het. Media berig die eenheid met sy hoofkwartier in Perth, kry ‘n senior bevelvoerder met die rang van kolonel om voldoende kapasiteit en behoorlike oorsig te verseker. Volgens die minister van verdediging, Peter Dutton, sal die geskiedkundige veranderinge aan die 57-jaar-oue eenheid sy aanspreeklikheid verbeter.