Aanlynpetisie vir basiese inkomste-toelaag

Die Basic Income Grant-koalisie in Namibië het ‘n aanlynpetisie saamgestel om President Hage Geingob te dwing om ‘n maandelikse toelaag daar te stel. Die koalisie sê die Namibiese regering is verkeerd in sy aannames dat die geld verbrou sal word en dat navorsing toon dat dit uiters verantwoordelik benut word en honger afweer. Bevindinge van ‘n steekproef wat in Otjivero-Omitara gedoen is, toon dat alle inwoners onder die ouderdom van 60 jaar wat betalings ontvang het, die geleenthede wat aan hulle gebied is, goed gebruik het. Geingob het onlangs die voedselbank inisiatief na ‘n maandelikse toelaag oorgeskakel maar, die ouditeur-generaal het bevind dat daar swak bestuur toegepas word. Die koalisie het net meer as 3 300 handtekeninge op sy petisie wat op sy Twitter-blad Basic Income Grant in Namibia, beskikbaar is.