Aanlynbedrog neem toe in SA

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-sentrum het in 2020 ‘n toename in misdaad in banke waargeneem. ‘n Woordvoerder, Louise van der Merwe, sê die sentrum se jaarlikse misdaadstatistieke wys die Covid-19 pandemie, tesame met die instel van wetgewing op Rampbestuur, het ‘n merkbare invloed op finansiële misdaad gehad. Die kaping van voertuie wat kontant vervoer het sigbaar afgeneem gedurende vlak vyf van die inperking in April en Mei 2020, maar met 22 persent toegeneem toe dit opgehef is. Van der Merwe sê aanlyn-slenters en bedrog word algemeen.