Aanlyn skool-aansoeke loop oop

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê hy het 59 510 aanlyn aansoeke vir grade 1 en 8 ontvang vir volgende jaar, met die huidige toelatingsvenster wat die halfpadmerk bereik het. Die departement het verlede jaar meer as 125 000 aansoeke ontvang. Die LUR, David Maynier, doen ‘n beroep op ouers wat nog hul kinders moet inskryf, om dit so gou moontlik te doen voor die sluitingsdatum van 12 April.