Aanlyn radiostasie in Jozi help met kommunikasie

Die Stad Johannesburg het ‘n aanlyn radiostasie in Ivorypark bekend gestel. Die nuwe Joburg Pulse FM is daarop gemik om kommunikasie-hindernisse tussen gemeenskappe uit te wis deur na meer inwoners uit te reik. Inwoners kan nou regstreeks met die stad kommunikeer oor alles wat met die metro en met dienslewering verband hou. Al die stad se instellings soos Joburg Water, City Power, die Johannesburgse Padagentskap en ander was teenwoordig om die geïntegreerde diensleweringsplan te verduidelik.