Aanlyn handelsplatform vir boere bekendgestel

‘n Aanlyn handelsplatform vir boere is bekendgestel om van die uitdagings te bespreek wat hulle in die landbouprodukte-mark ervaar. Die direkteur van TonnUp, Stephen Krüger, het tydens die amptelike bekendstelling gesê dit is die eerste platform vir boere wat die hele waardeketting dek. Hy sê dit sal kopers en verkopers bymekaar bring op ‘n manier wat boere in staat sal stel om die meeste waarde vir hul produkte te kry en kopers sal meer ingeligte koopbesluite kan neem.