Aandklokreël in eSwatini

Die waarnemende eerste minister van eSwatini Themba Masuku het ‘n aandklokreël in die land ingestel wat geldig is van skemer tot dagbreek. Hy het aangevoer dat Covid die inperking veroorsaak het maar, daar is onrus in die land met pro-demokrasie betogers wat gewelddadig geraak het. Koning Mswati III het ook reeds die land na Suid-Afrika gevlug. Masuku sê dialoog is die enigste oplossing.