Aanbod aan stakende Hollywood-werkers, geweier
Hollywood-ateljees en stromingsdienste het die bepalings van ‘n hersiene voorstel aan stakende skrywers voorgelê, maar die vakbond het lede aangemoedig om voort te gaan met hul staking, aangesien die nuwe aanbod nie al hul bekommernisse aanspreek nie. Die Writers’ Guild of America het op 2 Mei begin staak nadat onderhandelinge ‘n dooiepunt bereik het, en is later bygestaan deur lede van die Screen Actors Guild, wat produksies regoor Hollywood gestaak het. Volgens die jongste voorstel sal die daar ‘n saamgestelde 13 persent loonverhoging oor ‘n driejaarkontrak ingestel word en geskrewe inhoud wat deur kunsmatige intelligensie gegenereer word sal nie as “literêre materiaal” beskou word nie.