Aansoek om verkoop van SAL te keer, onsuksesvol 

Toto Investments het misluk met ‘n regspoging om die verkoop van die Suid-Afrikaanse Lugdiens te keer. Volgens die hofstukke voor die hooggeregshof in Kaapstad het die maatskappy gevra die transaksie moet ongeldig verklaar word. Die maatskappy het aangevoer die onderhandeling vir die verkoop van 51 persent van die lugdiens aan die Takatso-konsortium was onwettig en ongrondwetlik. Die hof het wel die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, beveel om die vertroulike dokumente wat verband hou met die verkoop van die beleërde lugdiens openbaar te maak.