Miljoene vir grond in Walvis

Die Walvisbaai Dorpsraad het 616 miljoen Namibiese dollar bewillig vir bouprojekte oor die volgende twee jaar tot 1 Julie 2023. ‘n Totaal van 303 miljoen dollar sal oor die volgende jaar op grond ontwikkeling bestee word waarvoor 38 miljoen opsy gesit is vir die ontwikkeling van Farm 37. Volgens die raad sal ‘n verdere 14 miljoen op die ontwikkeling van erf 8635 in Kuisebmond bestee word. Die projek sal 200 lae-inkomste erwe ontwikkel. In Narraville sal 29 miljoen dollar bestee word op ‘n projek in uitbreiding 8, wat 185 erwe sal voorsien.