Opposisieleier roskam regering oor olie-kwessies

Olie-vondse in Namibië bly in die kollig in die parlement. Vandag in die Nasionale Vergadering het die leier van die Populêre Demokratiese Beweging, McHenry Venaani, die regering geroskam. Hy meen die regering vertrou nie die opposisiepartye of landsburgers nie, maar daar word na buitelandse moondhede ogies gemaak. Venaani het onder meer verwys na die olie-vonds aankondiging wat in Katar gedoen is voordat dit plaaslik gebeur het.