Baie partye – meer keuses – Namibiese kenner gesels oor ’24

Dit word aanvaar dat volwasse demokrasieë minder politieke partye het, soos byvoorbeeld die VSA wat net twee partye het wat in verkiesings meeding. In Namibië is daar 22 wat by die Verkiesingskommissie van Namibië geregistreer is, maar dit word algemeen aanvaar dat nie een van hulle ‘n werklike kans staan om mag oor te neem nie. Namibië sal in 2024 na die stembus gaan, en teen daardie tyd kan daar selfs meer politieke partye wees. Dr. Ndumba Kamwanyah, ‘n politieke ontleder, sê die partye bied in werklikheid opsies vir kiesers.