Rand verswak te midde van kommer oor VSA inflasie

Suid-Afrika se rand het vanoggend effe verswak met die die fokus wat na Amerikaanse inflasiedata draai. Die data sal ook leidrade verskaf oor wat die Federale Reserweraad se rentekoers besluit. Daar is effe kommer oor die Amerikaanse syfers as gevolg van die brandstofprys in die VSA wat hoog is en moontlik inflasie kan opstoot. Sou dit gebeur dan die rentekoers ook gelig word. Die besluit sal teen 20 September bekend wees. Die rand is tans net onder 19 teen die Amerikaanse geldeenheid. Soos die meeste ander ontluikende markte geldeenhede, is die risiko-sensitiewe rand geneig om leidrade te neem van globale ekonomiese dryfvere soos Amerikaanse monetêre beleid.