Man in hof oor miljoene se dagga

Die Namibiese polisie het pas aangekondig dat Gotlieb Sem, 34, vandag in die laerhof in die hoofstad verskyn het na hy Maandag in die Lafrenz-nywerheidsgebied by ‘n logistieke maatskappy gevang is met 113,47 kilogram dagga ter waarde van net meer as 5,6 miljoen Namibiese dollar. Hy bly in aanhouding en sy saak is tot 9 November uitgestel. Die polisie sê dit was ‘n intelligensie-gedrewe arrestasie.