EU se koolstof-meganisme kan Nam-uitvoere beïnvloed

Die voorgestelde implementering van die koolstof-grensaanpassingsmeganisme deur die Europese Unie kan Namibië se ekonomie aansienlik raak. Die meganisme is die wêreld se eerste beplande koolstofbelasting op ingevoerde goedere, wat daarop gemik is om die vloei van minder-groen kommoditeite na die Europese mark te beperk. Europese lande voer 20 persent van Namibiese produkte in en in veral mynwese, is die koolstofvoetspoor baie hoog. Kosmos 94.1 Nuus het met Veston Malango, uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese gesels. Hy sê hulle moet nog die kwessie onder die loep neem.