Olie en gas: Mense het werk nodig, nie aandele nie

Die leier van die Landless People’s Movement, Bernardus Swartbooi, wil sien dat gemeenskappe in die Karas-streek aandeelhouding bekom in die opkomende groen waterstof-, olie- en gassektore. Swartbooi sê gemeenskapstrusts moet gevorm word, wat dan aandeelhouers in die verskillende sektore moet word, anders sal gemeenskappe nie in die welvaart deel nie. Sommige kenners meen egter dat aandeelhouding nie die antwoord is nie. Chris Yelland, ‘n energie-ontleder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat: