GOOD sê Mkhwebane-sage is niks om te vier nie

Die GOOD Party sê die verwydering van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sal gesien word as ‘n oorwinning vir politici, maar is nie noodwendig ‘n oorwinning vir die integriteit van die stelsels nie. Die Nasionale Vergadering het gister gestem met 318 stemme ten gunste van haar verwydering en 43 daarteen. Dit kom neer op die vereiste tweederde-meerderheid. Dit volg nadat die Artikel 194-komitee Mkhwebane skuldig bevind het aan wangedrag en onbevoegdheid. Die GOOD Party se woordvoerder, Brett Herron, sê die ongekende verwydering van die Openbare Beskermer is niks om te vier nie: