VF+ verwelkom verwydering van Mkhwebane
Die Vryheidsfront Plus het die verwydering van die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, verwelkom. Die Nasionale Vergadering het gister met ‘n oorweldigende meerderheid gestem dat sy uit haar pos verwyder word met 318 daarvoor, 43 daarteen terwyl een buite stemming gebly het. Dit volg nadat die Artikel 194-komitee haar skuldig bevind het aan wangedrag en onbevoegdheid. Corné Mulder van die party sê Mkhwebane was meer bekommerd oor haar eie belange as die publiek se beskerming: