Voorkoming van selfmoord-dag vandag herdenk

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula sal vandag die Internasionale Dag van Selfmoord-voorkoming herdenk met ‘n geleentheid by die ministerie se hoofkantoor in die hoofstad. September is geestesgesondheidsmaand, ‘n kwessie wat internasionaal en plaaslik na vore tree, met trae dienste in die land se fasiliteite. Namibië het die hoogste selfmoord-koers op die vasteland met 770 gevalle wat in die afgelope 12 maande voorgekom het, meer as twee ‘n dag. Armoede en drank- en dwelmmisbruik dra volgens kenners toe tot die voorkoms van selfmoord.