Laat almal entstof aankoop en hulle werkers ent, sê Numsa

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa doen ‘n beroep op die ANC-regering om werkgewers in alle sektore van die ekonomie toe te laat om Covid-19-entstof te koop en werkers in die werkplek in te ent. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die ANC misluk klaaglik in sy reaksie op die ernstige Covid-19-krisis. Sy sê die krisis is ‘n direkte gevolg van besluite deur die ANC en die implementering daarvan deur die minister van finansies, Tito Mboweni, wat 50,2 miljard Suid-Afrikaanse rand van die gesondheidsorg-begroting oor die volgende drie jaar gesny het: