Ernie Els het glo Trump oortuig om Cyril te ontmoetMay 21, 2025
Die beroemde sakeman, Johann Rupert, sê die gholfspeler Ernie Els het president Donald Trump die afgelope maand oortuig om met Cyril Ramaphosa te vergader. Rupert en Els sal volgens berigte by Ramaphosa se afvaardiging aansluit wanneer hy Trump vandag in die Withuis ontmoet. News24 berig dat Rupert in ʼn onderhoud gesê het hierdie ontmoeting is reeds sedert 2023 aan die kom toe ʼn groep Republikeine en Demokrate wetgewing voorgestel het om Amerika en Suid-Afrika se verhouding te hersien as straf vir sy bande met Rusland.