Hittegolwe knou Tunisië se wynbedryf

Tunisië se warm somer knou die land se klein wynbedryf. Wingerde is beskadig en druiwe ontwikkel nie reg nie. Daar is kommer oor die bedryf in die land omdat klimaatsverandering na verwagting hittegolwe in die gebied sal vererger. Beramings van hoe ver wynproduksie gedaal het, wissel van ‘n daling van ongeveer 20 tot 50 persent. Wynmakers in Frankryk en elders in Suid-Europa het ook gewaarsku oor laer wynproduksie vanjaar weens die erge hitte wat die somer voorgekom het.