Nog ‘n bedrogspul, die keer betaling om ‘n onderwyspos te bekom
Namibia Fact Check sê ‘n boodskap wat op sosiale media gedeel is en wat ‘n betaling van 500 Namibiese dollar eis om ‘n onderwyspos te kry is deur ‘n bedrieër gestuur. Fact Check het die nommer bevestig. Die onderwyspos het in werklikheid bestaan en onderhoude is gedoen. Die ministerie van onderwys sê hy eis geen betaling van kandidate nie en is ook nie bewus van enige bedrogspul deur sy eie personeel nie.