Vermiste kreef-vaartuig gevind, bemanning veilig

Die ministerie van werke en vervoer sê sy direktoraat van maritieme aangeleenthede sê ‘n kreef-vaartuig, Newlands, wat as vermis aangemeld is, is opgespoor en die nege bemanningslede is almal veilig. Die ministeriële woordvoerder Julius Ngweda, het Woensdag te kenne gegee dat die vaartuig Lüderitz op 3 September oor die middaguur verlaat en is vermis geraak maar het later die middag laat weet die vaartuig is gevind.