Hunter Biden sal teen einde September aangekla word

Amerikaanse federale staatsaanklaers het in die hof aangedui hulle gaan voor die einde van die maand ‘n saak teen president Joe Biden se seun, Hunter Biden, aanhangig maak. Hy het voorheen ‘n pleitooreenkoms bereik om aanklagte oor belasting en die besit van ‘n vuurwapen te skik en vervolging te vermy indien hy oor ‘n tydperk van twee jaar sekere voorwaardes nakom. Die ooreenkoms het egter in Julie vanjaar deur die mat geval. Die hofsaak hou verband met ‘n aanklag dat Biden onwettig ‘n wapen besit het terwyl hy dwelms gebruik het.