Rossmund-landgoed sal moeilik in plaaslike besit gehou word

Die tweede veiling word vir die Rossmund-gholflandgoed vandag deur Esterhuizen Auctions aangebied. Die landgoed word op instruksie van die hoërhof opgeveil na ‘n aansoek deur die Ontwikkelingsbank van Namibië oor amper 20 miljoen Namibiese dollar se skuld. Plaaslike ekonoom Gabriel Erastus sê dit sal moeilik wees om die landgoed in plaaslike besit te hou.