Kommissie na Jhb-brand is afleidingstaktiek

Rise Mzansi sê hy is gekant teen die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se besluit om ‘n kommissie van ondersoek aan te stel na die verwoestende brand in Johannesburg waarin 77 mense gesterf het. Die party beskou dit as ‘n afleidingstaktiek, en die versuim om die dringende kwessie rondom gekaapte geboue en uitbuiting deur gewetenlose eienaars aan te pak. Makashule Gana van Rise Mzansi voer aan die kommissie dien bloot as ‘n skakelwese-foefie deur die provinsiale regering eerder as ‘n pro-aktiewe oplossing vir die dringende probleem: