Noord-Korea sal betaal vir wapenverkope aan Rusland

Die verskaffing van wapens aan Rusland gaan nie goed oor Noord-Korea reflekteer nie en hulle sal ‘n prys daarvoor in die internasionale gemeenskap betaal. Dit is die standpunt van die Amerikaanse nasionale veiligheidsadviseur Jake Sullivan na dit aan die nuus gekom het dat die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un besoek sal aflê aan Russiese president Vladimir Putin. Sullivan sê die verskaffing van wapens aan Rusland is onaanvaarbaar.