Handelstekort styg tot N$3,7 miljard in Julie

Die jongste handelstatistiek vir Julie vanjaar is bekend. Die handelstekort is op 3,7 miljard Namibiese dollar aangeteken, die grootste tekort sedert Julie 2019. Invoere het 11,9 miljard dollar beloop met uitvoere op 8,3 miljard dollar. Die verdienste van uitvoere het met 3,8 persent gedaal teenoor Junie vanjaar toe 8,6 miljard dollar verdien is. Invoere is duur as gevolg van swak wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en buitelandse geldeenhede en het ook met 17,8 persent teenoor Junie toegeneem.