Taxi’s sê iets moet aan hulle tariewe gedoen word

Die nuwe brandstofprys wat om middernag in werking getree het, plaas taxi’s onder verdere druk. Hulle het steeds geen verhoging in tariewe ontvang, ongeag die brandstofpryse wat oor afgelope jaar aangekondig is nie, ook nie tydens reuse-stygings nie. Pendapala Nakathingo, sekretaris-generaal van die Namibië Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, sê nes met verbruikers, styg taxibestuurders se kostes ook en ‘n plan moet dringend gemaak word.

Die vervoerministerie se raad wat die goedkeurings moet doen, het tot op hede geweier omdat verbruikers reeds onder erge druk is. Die taxi-verenigings sal weer die ministerie moet nader indien hulle ‘n verhoging wil hê.