Daar is geen Duitse onderwys-toelaag nie, dis fopnuus

Namibia Fact Check sê ‘n plasing oor onderwystoelae vir Namibiërs deur die Duitse regering wat wyd op sosiale media versprei is, is fopnuus. Volgens die plasing is daar tot 550 000 toelaes vir Namibiese studente, beide plaaslik en in die buiteland, wat beskikbaar is. Die toelaes is geldig tot 2025. Namibia Fact Check herinner lede van die publiek dat taalfoute sowel as swak uitleg aanduidings is van fop-plasings. Die eerste skakel waarop ‘n persoon moet klik het normaalweg ook nie genoeg basiese inligting nie. Kuberkrakers kan dieper in die sogenaamde webwerf toegang tot persoonlike inligting bekom.