Jhb-brand was voorkombaar

Die Gautengse Behuisingskrisiskomitee het die Stad Johannesburg en die Gautengse regering gekritiseer omdat hulle nie aandag gee aan behuising nie. Dit volg nadat ‘n brand verlede week in ‘n gekaapte gebou in Marshalltown ontstaan het, waarin 77 mense gesterf het en meer as 40 beseer is. Die komitee se koördineerder, Thami Hukwe, sê die voorval kon voorkom gewees het. Hukwe sê die behuisingstekort bly ‘n uitdaging in die stad: