Swapo is verenig op Netumbo as ’24 se kandidaat
Dit blyk asof die beroep deur Swapo-LP Jerry Ekandjo vir ‘n buitengewone kongres om die presidentskandidaat vir die party te bevestig, nie sal plaasvind nie. Dit kom na die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, dit bevestig het. Sy sê die party se vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah is die kandidaat vir die 2024-verkiesing. Dr. Ndumba Kamwanyah, ‘n plaaslike politieke kenner sê die party het homself reeds op haar verenig.