Japan geen miljoene vir ondersteuning van visbedryf na Fukushima
Japan se premier Fumio Kishida sê die regering sal ‘n bykomende 20,7 miljard jen, of 141 miljoen Amerikaanse dollar toeken om die visserybedryf te ondersteun ná China se totale invoerverbod van Japannese produkte. Die verbod het gevolg op die begin van Japan se vrystelling van behandelde radioaktiewe water uit die vernietigde Fukushima-kernkragsentrale verlede maand. Daar is vroeër twee fondse ter waarde van 80 miljard jen gestig om onder meer nuwe markte te help ontwikkel en oortollige vis gevries te hou totdat dit verkoop kan word wanneer die vraag herstel.