US$135 miljard vir Amerikaanse ‘terug skool toe’
Deursigtige rugsakke en denim kortbroeke is van die gewildste aankope voor die nuwe skooljaar in die VSA. Dit kom as gevolg van sekuriteitsbekommernisse met skietvoorvalle by skole, en die hoë temperature. Die jaar sal na verwagting die duurste terug skooltoe-inkopieseisoen nog wees. Die Amerikaanse National Retail Federation, voorspel dat besteding 135 miljard Amerikaanse dollar sal oorskry, ‘n toename van meer as 24 miljard dollar vanaf verlede jaar. Amper 74 miljoen kinders sal terugkeer skool toe na die somervakansie.