‘n Ludlum-roman maak sy verskynsel in Zambië

‘n Berig uit Zambië lui soos ‘n Robert Ludlum-verhaal. ‘n Zamibese hof het vyf Egiptenare laat gaan nadat hulle drie weke gelede met 5,7 miljoen Amerikaanse dollar in kontant, vyf pistole, 126 rondes ammunisie en moontlike goud van 127 kilogram gevang is op ‘n privaatstraler wat in die land aangekom het. Die Zambiese regbank sê uit die 11 verdagtes is vyf nou onder andere op klagtes van betreding op die lughawe en ander klagtes aangekla. Intussen het laboratoriumtoetse bevestig die goud was vervals. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat oor die opspraakwekkende voorval.