Jake White waarsku die Bokke
Die Springbokke is een van die gunstelinge om die Wêreldbekertoernooi te wen wat Vrydag in Frankryk afskop na hulle die All Blacks verlede naweek behoorlik afgransel het. Maar ‘n voormalige nasionale afrigter, Jake White, waarsku die verdedigende kampioen moet nie verwag hulle indrukwekkende maal- en vastespel-vaardighede gaan baie vrugte afwerp nie. White, wat die Wêreldbekerkampioenspan van 2007 afgerig het, meen skeidsregter-vertolkings sal die Bokke se tradisionele sterkpunte neutraliseer. Hy het tydens ‘n paneelbespreking ook gesê Suid-Afrika het hom nie enige gunste gedoen deur by skeidsregtersdebatte betrokke te raak nie.