NamRA versterk vennootskappe in die Noorde
NamRA het ‘n uiters suksesvolle media-sessie by die Ongwediva-handelskou aangebied. Die doelwit is om brûe te bou en vennootskappe met joernaliste van die noordelike deel van die land te bevorder. NamRA glo dat die media ‘n deurslaggewende rol speel om NamRA te help om sy doelwitte te bereik, veral op die gebied van onderrig vir die nakoming van belastingbetalers en handelaars. Kosmos 94.1 Nuus het met Tonateni Shidhudhu, strategiese kommunikasiebestuurder by agentskap, gepraat…