Gastehusie moet toeriste waarsku om waaksaam te wees
Aanvalle op toeriste wek groot kommer. Woensdag is drie Franse toeriste voor hulle akkommodasie in Windhoek deur drie mans met messe aangeval en beroof. Hulle was ten tyde van die voorval slegs vier ure in die land. Al hul besittings soos paspoorte, kontant, kaarte en selfone is gesteel. Die Windhoek Stadspolisie het ‘n streng waarskuwing aan toeriste gerig om waaksaam te wees. Kosmos 94.1 nuus het met superintendent Marcelline Murapo van die Stadspolisie gepraat, wat gasvryheids-instansies versoek om toeriste in te lig oor die moontlike gevare van misdaad…