Cele misbruik sy mag – VF+

Die Vryheidsfront Plus beskuldig die buurland se polisieminister, Bheki Cele, dat hy die Wysigingswetsontwerp op die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat aan die Parlement voorgelê het, al beskou die staat se regskenner dit as ongrondwetlik. Die doel is om aan die minister van polisie en die kabinet die mag te gee om ondersoekdirektoraat se uitvoerende direkteur aan te stel. Partyleier Pieter Groenewald sê dit neem ook magte weg van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie. Groenewald veroordeel wat hy noem die regering se magsmisbruik: