WACS-kabel is steeds nie herstel nie

Sedert 6 Augustus is die Wes-Afrika-kabelstelsel, bekend as WACS, en die Suid-Atlantiese Oseaan 3, SAT–3, ondersese kabels beskadig. Dit het ook plaaslik ‘n invloed op internet verbinding en terwyl herstelwerk op 22 Augustus sou begin het, is die vaartuig wat die herstelwerk moet doen, nog op pad. Arthur Goldstuck van Worldwide Worx het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dit is nie presies duidelik wanneer die werk sal begin nie maar, dit is ‘n kwessie van dae. Plaaslike media berig dat die herstelwerk rondom 8 September voltooi te wees.